Wie is ons.

Ons visie

Om ‘n onmisbare skakel in die voedselsekuriteitketting te wees en elke boer se logiese en eerste keuse te bly met sy aankoop van enige oes-optimalisering- of dieregesondheidproduk.

Ons missie

– Om Suid-Afrika en sy buurlande se mees herkenbare en gesogte handelsmerk te wees, en die grootste insetverskaffer vir die boerderygemeenskap te word.

– Om ‘n reuse- en positiewe verskil in elkeen se lewe te maak wat Laeveld Argochem se pad kruis, en om ‘n wesenlike bydrae tot ons land en alle mense te maak.

 

Die Laeveld Span

NICK LIEBENBERG
Hoof Uitvoerende Beampte
Nick Liebenberg kom vanuit ‘n besigheidsadministrasie-agtergrond by Wits Business School en is ‘n stigterslid van Laeveld Agrochem. Hy is die hoof uitvoerende beampte met meer as 47 jaar ervaring in die gewasbedryf. Hy het 20 jaar van sy loopbaan op ‘n nasionale grondslag by Bayer Crop Science deurgebring, die laaste jare daarvan as handelsbestuurder van Bayer Suid-Afrika (verkope en bemarking).

CORNÉ LIEBENBERG
Direkteur: Bemarking
Corné Liebenberg het sy BCom Honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy is ‘n stigterslid van Laeveld Agrochem en in sy hoedanigheid as direkteur streef hy daarna om Laeveld Agrochem se markleiersposisie te behou deur unieke vernuwings, produkte en nuwe tegnologie wat kliënte se verwagtinge oorskry.

IAN MANSFIELD
Hoof van Aankope
Ian Mansfield het ‘n Honneursgraad in BSc Agric Entomologie aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy het 24 jaar lank by Syngenta en hul sub-maatskappye in navorsing en ontwikkeling, bemarking en verkope gewerk.

JANTJIE BOUWER
Direkteur: Finansies
Jantjie Bouwer het ‘n BCom Rekeningkunde-graad van die Universiteit van Pretoria. Sedert 1999 het Jantjie en Corné verskeie maatskappye saam bestuur, waarvan Laeveld Agrochem die vernaamste is. Jantjie is een van die sleutelrolspelers in administrasie en strategiese ontwikkeling.

RUDI ALLERS
Direkteur: Krediet- en Personeelbestuur
Rudi Allers het ‘n graad in BCom Ekonometrie aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en in 1993 by Laeveld Agrochem begin werk. As direkteur is hy verantwoordelik vir krediet- en personeelbestuur.

NEEL RUST
Bedryfshoof
Neel Rust het ‘n Honeursgraad in Besigheidsbestuur van die Universiteit Stellenbosch. Neel is ‘n deurwinterde besigheidsman met spesialiservaring in die landboubedryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *