Laeveld Agrochem bied innoverende oplossings vir die landbousektor. Ons is nie net die boer se voorkeurmaat nie, maar ook ‘n belangrike skakel in die voedselsekerheidsketting in Suid-Afrika en Afrika. Ons belê elke keer in ons kliënte se bedrywighede.
Ons unieke benadering het Laeveld Agrochem in staat gestel om as besigheid te groei (jaar-tot-jaar sedert 1991) ondanks twee van die ernstigste droogtes in die geskiedenis van Suid-Afrika.